Klassik Musiek

Wie is Klassik

Plaaslike Folk Rock-band en Swartland-gunsteling, Klassik, het in 2014 begin as ‘n klomp ouens wat saam begin speel het oor hulle ‘n gemeenskaplike liefde vir musiek (en rock ‘n roll!) deel. Binne 6 weke het hulle hul eerste konsert gehad en die res, soos hulle sê, is geskiedenis! Wat gevolg het, was 3 jaar agtereenvolgens by die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) en ander vertonings, insluitend die ‘Seasons of Sauvignon” fees, Darling Wildflower Show, Die Boer, Mootstok, Darling Cellars Crush Day, Quay 4 Battle of the Bands, en vele meer. Hulle het al ‘n verhoog gedeel en geopen vir musikante soos Anton Goosen, die Stone Jets en Nadine Blom. Teen die einde van 2014 het hulle hul eerste album, Weekend Warrior, vrygestel, en eersdaags word hul eerste EP, Storietyd, amptelik in November 2017 vrygestel.

Die groep bestaan uit Marius Smith (vocals), Innes Linder (lead guitar), Marius Botha (drums) en Jandré Gysman (bass guitar). Die groep speel hoofsaaklik in Afrikaans, met ‘n Blues, Folk & Rock-inspuiting. Hulle voer oorspronklike liedjies, saamgestel en geskryf deur Marius Smith, sowel as cover songs op. Die band is beskikbaar om te speel by privaat en korporatiewe funksies, geleenthede, troues, verjaarsdae, feeste, markte of wat jy ookal in gedagte het! Die band tree ook op as ‘n DUO by kleiner venues, en bestaan dan uit Marius Smith & Innes Linder.

Luister

Luister

Luister

Storietyd

Weekend Warrior